Net nadat die tweejarige Titus Ashby van Kansas, Amerika, begin loop het, het sy ouers besef hy het ‘n geweldige talent om doele aan te teken met ‘n basketbal.
Titus se ouers het vroeër die jaar ‘n video van Titus se kunsdoele op YouTube gelaai voordat hy en Jimmy Kimmel, aanbieder van ‘n geselsprogram, mekaar aangedurf het. Die video onderaan die berig is ‘n nuwe video van Titus se ongelooflike talent. Jimmy Kimmel en Gregg Marshall, hoofbreier van die Wichita State Shockers, is ook in die video te sien.