Video: Uiters realistiese skildery met vinger op iPad geteken

Hierdie skildery van Morgan Freeman is met 'n vinger op 'n iPad geteken

Hierdie skildery van Morgan Freeman is met ‘n vinger op ‘n iPad geteken

Die video volg onderaan die berig. Dit lyk dalk soos ʼn foto, maar dit is eintlik ʼn skildery van die akteur Morgan Freeman wat die 26-jarige Kyle Lambert van Engeland met sy vinger op ʼn iPad geteken het.

Lambert het ʼn video van die proses gemaak vir mense wat nie oortuig is dat dit slegs ʼn skildery is nie. Dié video is die afgelope drie dae reeds meer as 7 miljoen keer op YouTube gekyk.

Die oorspronklike foto is deur Scott Ghries geneem en dit het Lambert een maand lank geneem om dit met 285 000 vingerhale te skilder. Volgens Lambert spandeer hy tussen nege en 10 ure per dag indien hy by ʼn ingewikkelde deel kom.

Lambert gebruik die app Procreate op sy iPad.

Klik hier om die oorspronklike foto en ander werk van Lambert te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.