Video: Uitspattigste geslagsonthulling nóg?

Die Marwah-gesin.

ʼn Egpaar van Dubai het van die wêreld se hoogste gebou gebruik gemaak om die geslag van hul ongebore baba bekend te maak.

Anas en Asala Marwah is bekend in Dubai vanweë hul groot aanhang op verskillende sosialemediaplatforms. En nou het nóg meer mense van hulle kennis geneem nadat hulle die Burj Khalifa gebruik het om die geslag van hul ongebore baba bekend te maak.

Geslagsonthullingspartytjies het die afgelope paar jaar baie gewild geraak. Meeste mense sny egter ʼn koek wat dan óf pienk óf blou binne is of laat bars ʼn ballon waarna pienk of blou stof die geslag van die nuutste toevoeging tot die gesin aandui.

Die Marwah-egpaar het dit egter tot nuwe hoogtes gevat deur die onthulling op die 828 m hoë wolkekrabber te doen. Video’s en foto’s van die geleentheid word intussen wyd op sosiale media versprei.

Vriende en familie het saam met die egpaar op ʼn uitkykplatform oorkant die Burj Khalifa bymekaargekom. Daar is van tien tot by een afgetel voordat die hele gebou in blou gehul is met die woorde “It’s a boy”. Die egpaar het ‘n dogtertjie.

Geslagsonthullingspartytjies is dikwels ook om verkeerde redes in die nuus. ʼn Geslagsonthullingspartytjie wat vroeër die maand in Los Angeles gehou is, het tot ʼn reuseveldbrand gelei wat duisende hektaar in puin gelê het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Daleen ·

Hoe oorspronklik! Hoop daai seuntjie bring vir julle nog BAIE vreugde.

Annelize ·

Dis nou hoe dit lyk as hy meer geld as gesonde verstand het….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.