[Video] Van Gogh se ‘Sonneblomme’ aanlyn herenig

‘n Tweeling, Edgar (links) en Gabriel, 10 jaar oud, poseer voor twee weergawes van Van Gogh se meesterstuk, “Sonneblomme”. Die linkerkantste skildery is in 1888 geskep en die een regs dateer uit 1889. Albei werke het in Januarie 2014 in die National Portrait Gallery in Londen gehang. (Foto: AP Photo/Matt Dunham, File)

Vyf weergawes van een van Vincent van Gogh se meesterstukke is Maandag vir die eerste keer herenig in ʼn “virtuele uitstalling”.

Van Gogh het tussen 1888 en 1889 sy “Sonneblomme”-reeks in die suide van Frankryk geverf. Vyf weergawes van die werk is in vyf verskillende museums op drie kontinente te sien.

Maandag was die eerste keer wat al dié stukke tydens ʼn regstreekse uitsending vir die wêreldwye gehoor op Facebook saam uitgestal is.

Die uitsending het in Londen se National Galery begin, waarna Amsterdam se Van Gogh-museum die uitsending voortgesit het. Daarna het Neue Pinakothek in Münich, die Philadelphia Museum of Art en die Seiji Togo Memorial Museum of Art in Tokyo aan die beurt gekom.

ʼn Kurator van elke museum beskryf wat hulle weergawe van die meesterstuk uniek maak.

National Galery in Londen:

Van Gogh-museum in Amsterdam:

Neue Pinakothek in Münich:

Philadelphia Museum of Art:

Seiji Togo Memorial Museum of Art in Tokyo:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.