Video van goue skilpadkewer verstom kykers

Skermgreep uit die video

ʼn Video van goue skilpadkewers is binne een dag reeds meer as 1 miljoen keer op Twitter gekyk. Dié kewer staan ook bekend as Charidotella sexpunctata en is inheems aan die Amerikas.

Die video is deur Amazing Nature op Twitter gedeel en alhoewel foto’s en video’s van dié unieke insekte gereeld op sosiale media verskyn, maak dit elke keer opslae.

Die video wys minstens drie goue skilpadkewers op iemand se palm. Een vlieg weg sodra die video begin en een kruip tot naby aan die punt van die hand se vingers.

Dit is nie bekend waar die video geneem is nie.

Volgens die Missouri- departement van natuurbewaring, is die goue skilpadkewer, net soos ander skilpadkewers byna rond en heeltemal plat. Die spesie is ʼn blink metaalagtige goue of oranje kleur en die rande is deurskynend. Die goue kleur verander met elke lewensfase.

Die University van Florida het navorsing oor dié unieke spesie gedoen en sê die ontwikkelingsfase tot volwassene is ongeveer 40 dae.

Die goue skilpadkewer kom wydverspreid voor in die ooste van Noord-Amerika, tot ongeveer Iowa en Texas. Dit is een van drie spesies skilpadkewers in Florida.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Porseleintjie ·

Hoop hulle bly uit die mensdom se hande uit. As renosterhorings sekere siektes kan ‘genees’, wat sal vd arme goue kewertjies oorbly?

Smurf ·

Verstommend…….absoluut die natuur se manier om elke keer jou asem weg te slaan…..en ons waardeer dit nie……hartseer……

Charl ·

Die wonders van die natuur verstom my elke dag, hoe Almagtig is ons GOD nie !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.