Video: Van rommel na die mooiste musiek

Die orkes

Favio Chávez van Cateura a in Paraguay het ʼn groep kinders betrek en ʼn hele orkes gevorm – uit instrumente wat van rommel gemaak is.

Chávez is die direkteur van “La Orquesta de Instrumentos Reciclados de Cateura” [Die orkes van herwinde instrumente]. Hy werk al sedert hy nege jaar oud is en sy vroeë werkservaring het hom geleer om só kreatief te wees. Hy het kitaar leer speel toe hy 11 jaar oud was en hy was later ook die direkteur van die koor by sy kerk.

Hy het omgewingstegnologie studeer en in 2006 het hy aan ʼn herwinningsprogram in Cateura begin werk, waar die land se grootste stortingsterrein geleë is. Nadat hy die behoeftes van kinders in die gemeenskap opgemerk het, het hy besluit om dié orkes op die been te bring.

Die orkes het onlangs ʼn suksesvolle projek op Kickstarter gehou waar hulle deur middel van publieke finansiering genoeg geld ingesamel het om ʼn vollengte rolprent oor die orkes te verfilm.

Klik hier om hul Facebook-blad te besoek en klik hier vir meer inligting oor die Kickstarter-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.