Video: Verkeersknoop? Binne ʼn japtrap ʼn nuwe baan

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Versperringverskuiwingmasjiene, wat ook as “ritssluiter-masjiene” bekend staan, is swaar voertuie wat die betonversperrings op snelweë tussen bane kan verskuif.

Die voertuig lig die betonblokke, wat tot 454 kg elk kan weeg, van een baan en skuif dit na ʼn tweede baan om ʼn ekstra baan vir die verkeer in die dominante rigting te skep.

Die masjiene word reeds permanent in talle stede in Amerika soos New York, Washington en Boston gebruik. Sommige stede in Australië maak ook tydelik van die masjiene gebruik tydens konstruksiewerk.
http://youtu.be/dl0Q2bDnBUc

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.