[Video] Verlore ring maak jare later onverwags sy verskyning

Mary Grams en die verlore ring aan die wortel (Foto: Iva Harberg via CBC)

Mary Grams (84) het gedink haar ring is vir altyd weg toe sy dit in 2004 verloor het. Die ring het nou, 13 jaar later, onverwags weer sy verskyning gemaak.

Mary het vinnig die ring vervang sonder om haar man, Norman, te vertel dat sy die ring verloor het, omdat sy bekommerd was wat sy reaksie sou wees. Sy was besig om onkruid uit te trek toe sy die ring in 2004 verloor het. Sy het die ring al sedert 1951 gehad, ʼn jaar voordat sy en Norman getroud is.

“Ek het oral gesoek, en op my hande en knieë rondgekruip, maar kon nie die ring vind nie,” het sy aan CBC verduidelik.

Haar familie besit steeds die plaas in Alberta, Kanada. Haar skoondogter, Colleen Daley, het vandeesweek die ring in ʼn wortel opgespoor toe sy in die tuin gewerk het.

“Ek het geweet dit moet óf aan my skoonma óf aan my ouma behoort, want geen ander vrou het op die plaas gebly nie,” het Colleen verduidelik. “Ek het vir my man gevra of hy die ring herken, en hy het verduidelik sy ma het jare gelede haar ring in die tuin verloor. Ek het nog nooit vantevore só iets gesien nie. Dis nogal interessant.”

Ná al die jare pas die ring Mary nog net soos die eerste dag wat sy dit gekry het. “Ek gaan dit dra, dit pas nog steeds!”

Maroela Media het in 2016 ook berig oor ʼn 82-jarige man van Bad Müenstereifel in Duitsland wat drie jaar later ook sy ring in die groentetuin opgespoor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

LS ·

Ag ek is so bly sy het haar ring weer terug gekry.
Wat ‘n mooi storie !!

Barbie Roos ·

Baie mooi storie! Dankbaar ring is gevind na soveel jare!!

Linda ·

My ma het doeke gewas toe my ousus ‘n babatjie was en haar ring het van haar vinger afgeglip en in die drein af gegly, Ek wens daar was ‘n manier wat ek dit vir haar kon opspoor al is sy nou 81 en dit byna 60 jaar gelede gebeur het :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.