Video: Vermiste ring en toe sê sy wéér ja!

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Trouring wat 15 jaar gelede verdwyn het, is onlangs ontdek.

“Ons het maande lank na die ring gesoek en uiteindelik tot die besef gekom die ring is óf iewers laat lê óf is gesteel,” skryf Lacey Butler by die video wat sy op YouTube gelaai het.

Toe haar pa die ring egter op 26 Oktober in ʼn klein houtkassie ontdek, het hy besluit om sy vrou sommer ʼn dubbele verrassing te gee: hy gaan nie net die ring aan haar voorhou nie, hy gaan haar weer om haar hand vra.

Lacey het gereed gestaan met die videokamera om dié groot oomblik te verfilm. Haar ouers is vanjaar 38 jaar lank getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.