Video: Verslaggewer val tydens regstreekse uitsending

john rose mn ovalDie video volg onderaan die berig. M.A. Rosko, ‘n verslaggewer van Fox 9 News, het tydens ‘n regstreekse uitsending op ‘n yskaatsbaan in Minnesota, Amerika, geval.

Rosko was by die John Rose Minnesota Oval in Roseville, Minnesota, toe sy op die ys gegly en geval het. Sy het, sonder om te huiwer, opgestaan en met haar berig voortgegaan asof niks gebeur het nie.

Vertel ons gerus van jou grootste verleentheid!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae