[Video] Verstommende beeldmateriaal van vulkaanuitbarsting

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Verstommende beeldmateriaal van ʼn vulkaanuitbarsting in Meksiko word wyd op sosiale media gedeel.

César Cantú het sy kamera in Maart opgestel om al die aksie van die Tonaltepetl-vulkaan, of Volcan de Fuego, af te neem.

Cantú kon selfs van die weerligstrale uit die wêreld se aktiefste vulkaan op die foto’s vasvang.

Die vulkaan is vir drie maande konstant gemonitor en was drie maande lank aktief voor die foto’s geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann Marx ·

Ek kon my nog altyd verwonder aan die natuur se manier om te “herstel” waar die mens besig was en toe onttrek het. Ongelukkig is dit ook van toepassing op die groter prentjie. Die mensdom kan hierdie planet net tot op ‘n punt verkrag, waarna moeder natuur met een kataklismiese event gaan ontslae raak van die parasiete wat besig is om haar te verteer. Hierdie gebeurlikheid gaan heel moontlik ‘n vulkaniese uitbarsting wees wat tot 80% van alle lewende spesies op die planeet gaan elimineer. Dan gaan daar ‘n tyd verloop waarin die aarde haarself herstel….en dan gaan die siklus voor begin.

Paul ·

Jy antropomorfeer die planeet. Dis ‘n klip, nie ‘n persoon nie.

Paul ·

Enige kataklismiese gebeure op ‘n planeet gebeur ongeag van dit wat op die dun lagie op die oppervlak aangaan. Vulkaniese uitbarstings of meteoriete of wat ook al sal gebeur maak nie saak wat enige lewende spesie doen nie.

Elfie ·

Paul dis waar, maar daar is heelwat wat die menslike spesie doen om sekere ding te verhaas/meer gereeld te laat plaasvind. Die mens is maar net vernielsugtig en meeste gee nie ‘n duit om nie. Niemand dink dat hul kinders en die se kinders en die wat nog na hul kom daardeur beinvloed gaan word nie, solank ons mos nou kan voortneuk is alles reg!

Paul ·

Soos wat, Elfie? Enige voorbeelde?

Niks wat mense doen, doen enigiets aan die vulkaniese werking van die planeet nie, en natuurlik absoluut niks aan iets soos ‘n meteoriet nie.

Neewat, hierdie idee van “Moeder Natuur gaan ons verdelg omdat ons lelik is met haar” is sommer nonsens.

Elfie ·

Jinne Paul kalmeer, ek praat van oor die algemeen (gehoor van die “green house effect” agv vernietiging van reenwoude ens?) nie spesifiek van vulkaanuitbarstings nie! Ons praat nie eers van waterbesoedeling op GROOT skaal in ‘n waterarm land soos SA wat erge negatiewe nagevolge in die toekoms gaan hê nie. Ek kan talle voorbeelde noem , maar ja, die mens neuk op en ouens soos jy leef lyk my in ‘n borrel en weier om realiteite wat wetenskaplik bewys word te aanvaar. Lees tog my kommentaar reg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.