[Video] Verstommende beeldmateriaal van vulkaanuitbarsting

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Verstommende beeldmateriaal van ʼn vulkaanuitbarsting in Meksiko word wyd op sosiale media gedeel.

César Cantú het sy kamera in Maart opgestel om al die aksie van die Tonaltepetl-vulkaan, of Volcan de Fuego, af te neem.

Cantú kon selfs van die weerligstrale uit die wêreld se aktiefste vulkaan op die foto’s vasvang.

Die vulkaan is vir drie maande konstant gemonitor en was drie maande lank aktief voor die foto’s geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann Marx

Ek kon my nog altyd verwonder aan die natuur se manier om te “herstel” waar die mens besig was en toe onttrek het. Ongelukkig is dit ook van toepassing op die groter prentjie. Die mensdom kan hierdie planet net tot op ‘n punt verkrag, waarna moeder natuur met een kataklismiese event gaan ontslae raak van die parasiete wat besig is om haar te verteer. Hierdie gebeurlikheid gaan heel moontlik ‘n vulkaniese uitbarsting wees wat tot 80% van alle lewende spesies op die planeet gaan elimineer. Dan gaan daar ‘n tyd verloop waarin die aarde haarself herstel….en dan gaan die siklus… Lees meer »

Paul

Soos wat, Elfie? Enige voorbeelde?

Niks wat mense doen, doen enigiets aan die vulkaniese werking van die planeet nie, en natuurlik absoluut niks aan iets soos ‘n meteoriet nie.

Neewat, hierdie idee van “Moeder Natuur gaan ons verdelg omdat ons lelik is met haar” is sommer nonsens.