Will Reid, ‘n pa wat raadop was met sy tieners wat nie gewone huishoudelike takies by die huis wou verrig nie (soos om ‘n leë toiletrolletjie te vervang), het met ‘n kreatiewe idee vorendag gekom om hulle oor te haal om ook handjie by te sit.
Reid verduidelik aan die begin van die video dit is een van ‘n reeks “instruksie-video’s” wat gebruik sal word om sy kinders in alledaagse vaardighede op te lei. “Dit is die eerste een in die reeks: hoe om ‘n toiletrolletjie te vervang,” sê hy. “Ek weet dis moeilik, so James en Beth, let asseblief op.”
Die video maak opslae op sosiale media weens die pa se vlymskerp humorsin.
Die video is die afgelope week reeds meer as 2.8 miljoen keer op YouTube gekyk en meer as 200 000 keer op Facebook gedeel.
Ha ha skreeusnaaks, hoop my kids(en man) sien dit! Gaan dit share op fb!!!