Die vierjarige Cadence is baie hartseer toe sy uitvind dat ʼn foto vir altyd weg is as hy op ʼn kamera uitgevee word.
Sy het glo saam met haar boeties met ʼn klein kamera gespeel en per abuis die regte knoppies gedruk om een van die foto’s uit te vee. Die foto was van haar goeie vriend, “Oom Dave”, en sy het versoek dat dié videoboodskap aan hom gestuur word.
Die video is die afgelope vyf dae reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk.