[Video] Vierpotiges vier Valentynsdag

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Terwyl geliefdes oor die hele wêreld Valentynsdag vier, het ʼn paar Amerikaanse dieretuine ook seker gemaak dat hul vierpotige inwoners die dag van liefde geniet.

Die Cincinnati-dieretuin in Ohio het ʼn video op Facebook gedeel van Dale, die skattige takin-kalfie, wat te heerlik met pienk hartjies, spesiaal daar geplaas vir die dag van liefde, in sy hok sit en speel. Na dié soort Himalaja-bokke word dikwels verwys as “bok-wildsbokke” omdat hulle eienskappe van albei soorte diere het, hoewel hulle nader verwant is aan die Barbarye-skaapsoort van Noord-Afrika.

Intussen het Humphrey en Saarai, die dieretuin se kameelpaartjie, sommer ook van die geleentheid gebruik gemaak om aan te kondig dat hulle binnekort ʼn nuweling verwag!

Die Saint Louis-dieretuin in Missouri het besluit om te toets of Kali, die dieretuin se ysbeer, ʼn ware “hartebreker” is deur ʼn 90 kg pienk bevrore hart in sy hok te sit. Hulle het ook ʼn video op sosiale media gedeel om te wys hoe die driejarige Kali die pienk hart, wat met vis en appels gevul is, probeer oopbreek.

Valentine's Day

Dale the takin calf and polar bears Berit and Little One receive Valentine's Day treats! Plus tune in to see Humphrey and Saarai's big announcement! <3

Posted by Cincinnati Zoo & Botanical Garden on Wednesday, February 10, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.