[Video] Vinnigste tyd vir vyf ballonvoorwerpe

Skermgreep uit die video

Die 35-jarige Ryan Tracey was nog nie vantevore op enige verhoog voordat hy deelgeneem het aan ITV se gewilde program, Britain’s Got Talent nie.

Hy was egter vasbeslote om sy stokperdjie, om ballonvoorwerpe te maak, met die beoordelaars te deel en te poog om ʼn wêreldrekord te verbeter. Hy wou die rekord verbeter om (geblinddoek) vyf voorwerpe van ballon te maak, ʼn hond, blom, swaard, ruspe en ʼn slak.

Die vorige rekordhouer is ʼn Australiër wat dit binne 1 minuut 3,6 sekondes kon doen. Hy was sewe jaar lank die rekordhouer totdat Ryan hom onttroon het.

Die beoordelaars, Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams, het saam met die gehoor vasgenael gesit totdat die Guinness-wêreldrekordbeoordelaar, Vicky Tweedy, kon bevestig hy was suksesvol.

Ryan het die vyf items binne 1 minuut 1,3 sekondes gemaak.

“Dit was ongelooflik,” het Simon later gesê.

Ryan, ʼn staatsamptenaar van Ierland, het ook die beoordelaars se goedkeuring gekry en dring deur tot die volgende ronde van die kompetisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.