[Video] Vioolkerk in China ingewy

Die vioolkerk in China (skermskoot uit die video)

Die vioolkerk in China (skermskoot uit die video)

ʼn Christelike gemeente in China het ʼn kerkgebou opgerig wat soos ʼn groot viool lyk.

Die Yanbu-kerk in Foshan, Guangdong-provinsie, ook bekend as die vioolkerk weens die vorm van die gebou, is hierdie week amptelik ingewy.

Die sewe verdieping hoë gebou het kwartiere waar pastore en predikante kan bly en gastekamers waar besoekers kan oornag.

Ds. Yu Qing van die kerk het aan China Christian Daily gesê die kerk se ontwerp moet ʼn behoefte van “oefening” by mense wek: volgens hom is dit die sleutel tot musiek en Christenskap.
https://youtu.be/4HLF9ZbxRdY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.