Video: Vis val uit die lug, tref motor

Skermgreep uit die video

Bisarre beeldmateriaal uit Virginië in die VSA wys hoe ʼn vis uit die lug val en ʼn geparkeerde motor tref.

Die huis in Virginia Beach se veiligheidskamera het die voorval op film vasgevang en duisende kykers krap kop oor wat gebeur het.

Die huiseienaar, Carlos Maldonado, het aan ViralHog gesê bure het hom in kennis gestel dat ʼn vis op sy kar geval het, maar hy wou hulle aanvanklik nie glo nie. Dis eers toe die gesin die beeldmateriaal nagaan dat hulle besef ʼn vis het inderdaad uit die lug geval.

“Bure het gesê dit het soos ʼn geweerskoot geklink. Hulle het kom ondersoek instel en toe die vis gesien en aan ons deur kom klop. Ek kon nie glo dat ʼn vis uit die lug geval het nie,” het hy gesê.

Een kyker het onderaan die video op YouTube gesê iemand het vermoedelik die vis van êrens af gegooi. Ander bespiegel dit is dalk ʼn vis wat uit ʼn voël se kloue geval het. “As mens mooi kyk aan die begin van die video dan lyk dit of ʼn voël oorvlieg,” het die kyker bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dirk Mostert ·

As ek moet kies tussen Zuma se onskuld en ‘n vlieende vis….

marius ·

Toemaar . Hier vlieg pienk varke rond soos wat die leuens by sommigge se monde uitpeul .

Phillip ·

was daar n tornadoe wat van die see af binne land toe gekom het. Dan die vis opgetek en daar reen dit vis

ANELEE ·

AS N MENS MOOI KYK SAL JY SIEN IN DIE LINKERKANT VAN DIE SKERM IS N VOEL WAT OOR VLIEG HY’T DEFINTIEF UIT DIE VOEL SE BEK GEVAL ………..
EK’T HOM 10 KEER OOR GEKYK

haimish ·

Verseker uit die voël se kloue geglip, kan die voël sien vlieg links bo net voor die vis val.

Francois ·

Net na die vis val roep daar ‘n voël wat klink na ‘n Osprey (Visvalk)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.