Video: Vlieënier maak geskiedenis met gewaagde toertjie

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Rich Goodwin, ʼn vlieënier van Gloucestershire in Engeland, het Dinsdag geskiedenis gemaak toe hy die eerste vlieënier geword het wat ʼn lint in die lug tussen twee lugballonne met die vlerk van ʼn vliegtuig gesny het.

Goodwin het dié toertjie uitgevoer met ʼn spesiaal-aangepaste Pitts Special S2S-vliegtuig, wat hy 90˚ moes draai om die toertjie suksesvol uit te voer.

Die sogenaamde ‘mespunt-toertjie’ is nog nie voorheen uitgevoer of probeer nie en vereis ʼn hoë mate vaardigheid, vertroue en spanwerk. Twee ander vlieëniers was ook by die beplanning betrokke.

Dié toertjie is ontwerp deur die tegnologie-onderneming Anana Ltd.

Bron: Daily Record

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.