Video: Vliegtuie bots amper

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

‘n Vliegtuig-entoesias het sy videokamera byderhand gehad toe twee passasiersvliegtuie amper op Barcelona se El Prat-lughawe gebots het.

Volgens The Telegraph wys die video hoe ‘n Boeing 767 van die Russiese-lugredery UTair gereed maak om te land. ‘n Aerolines Argentineas Aribus A340 ry dan skielik voor die ander vliegtuig op die aanloopbaan verby.

Die vlieënier van die Boeing 767 styg dan weer op en vlieg vir ‘n wyle in sirkels om die lughawe voor dit veilig land.

Michael Angel, ‘n vliegtuig-entoesias, het die gebeurtenis op videokamera vasgelê en het dit beskryf as “een van die ergste ervarings wat ek nog ooit gehad het”.

Die video is reeds meer as 4,5 miljoen keer gekyk sedert dit Sondag op YouTube gelaai is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mollie ·

Hopelik word dit ondersoek om te kan vasstel wie se fout dit was, genugtig!!

AmY ·

Hierdie is doodeenvoudig net nalatigheid wat baie ernstige en definitief lewensverlies kon veroorsaak het.

Ondersoek dit. Het die paloeka op die grond ooit kennis van die tipe ding? Of was dit sommer ‘enigiemand’ wat daai vliegtuig wou parkeer het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.