Video: Vlug vol passasiers help SA man jawoord vra‏

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

‘n Jong man van Suid-Afrika het met behulp van ‘n vliegtuig vol passasiers sy vriendin op die Kansas City Internasionale Lughawe om haar hand gevra.

KSHB berig Ashley Kracht het haar kêrel, George Erasmus, by die lughawe gaan oplaai, toe hy haar met die groot vraag verras het. Erasmus het die passasiers wat saam hom op die vlug was gevra om elkeen vir Kracht ‘n madeliefie te gee soos hulle deur die hekke by die aankomssaal gestap het.

Erasmus was die laaste persoon om die vliegtuig te verlaat en het vir Kracht ‘n bos rose gebring voor hy haar gevra het om met hom te trou. Volgens die berig het Erasmus en Kracht in Kaapstad ontmoet. Erasmus het na Kansas City gevlieg om drie weke saam haar en haar gesin in Overland Park te spandeer.

Die video is deur HLN op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.