Video: Voel jou liefie se hartklop deur dié ring

Die HB-ring (Foto: Bored Panda)

Die HB-ring (Foto: Bored Panda)

Is jy in ʼn langafstandverhouding? Die vervaardiger The Touch het nou ʼn ring ontwerp wat jou in staat stel om jou maat se hartklop op enige spesifieke tydstip te voel deur middel van draadlose verbinding via Bluetooth.

Dié vervaardiger skryf op sy webwerf dat kommunikasie deur middel van e-posse of selfone “bloot nie fisieke aanraking kan vervang nie”. Dié HB-ring, wat staan vir “heartbeat”, is die naaste wat twee duifies in ʼn langafstandverhouding aan fisieke aanraking kan kom.

Die ring word gemaak van vlekvrye staal en is ook in ʼn roosgoud-afwerking beskikbaar.

Die ring word deur middel van Bluetooth aan ʼn app verbind en die draer van die ring kan, wanneer daar data op sy/haar slimfoon is of hy/sy in ʼn area met wifi is, die ring bloot tik om sy/haar geliefde se hartklop te voel.

Die ring stuur via die app ʼn versoek aan die ander ring en stuur dan die vibrasies van die ander persoon se hartklop aan die een wat dit aangevra het.

Albei die ringe moet aan die app verbind wees en toegang tot die internet moet deurentyd beskikbaar wees.

Die ring kan bestel word op The Touch se webwerf.

https://youtu.be/9U0CSrK3DYY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.