[Video] Volstruis jaag die fietsryers

Skermskoot uit die video (Video: ViralHog/Oleksiy Mishchenko, YouTube)

Skermskoot uit die video (Video: ViralHog/Oleksiy Mishchenko, YouTube)

ʼn Video van ʼn volstruis wat twee fietsryers jaag, word wyd op sosiale media gedeel.

Die gebruiker Oleksiy Mishchenko het die video Saterdag op YouTube gelaai.

Mishchenko het verduidelik hulle het na Suid-Afrika gereis om Sondag aan die Argus-fietsrytoer deel te neem.

“Ons het Vrydag, om bietjie ons bene te strek, ongeveer 130 km gery na Kaap die Goeie Hoop [naby Kaappunt],” het hy verduidelik. “Die pad langs die see was stil en bietjie verlate. Ek het skielik ʼn volstruis links van my opgemerk toe hierdie monster van regs af skielik op die pad gespring en my vriende begin jaag het!”

Hy het gesê dit was aanvanklik angswekkend, maar daarna het hy byna van sy fiets af geval soos hy gelag het. “Die volstruis het gemaklik teen ongeveer 50 km/h bygehou en hulle kan glo tot 70 km/h haal.”

Volgens Mishchenko het die volstruis gelukkig in ʼn stadium besluit om hulle uit te los, aangesien die pad ʼn doodloopstraat is.

(Bron: ViralHog/Oleksiy Mishchenko, YouTube)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

EMK ·

As mens nou wil hê daar moet rekords spat, kry ‘n volstruis om iemand te jaag!

TM ·

Lyk soos ‘n toneel uit ‘n Jurassic Park fliek. Ek het altyd geweet hulle kan spoed optel maar magties het dit nog nooit so in aksie gesien nie. Het nou lekker gelag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.