Video: Volvo se nuwe advertensie laat die oë rek

van dammeDie video volg onderaan die berig. Die jongste Volvo-advertensie is met reg ʼn internetsensasie.

Jean-Claude van Damme, die bekende aksieheld, wys met sy 53-jarige lyf hoe bestendig Volvo se dinamiesestuurstelsel is. Die beeldmateriaal in die video is werklik.

ʼn Verteenwoordiger van Volvo het bevestig dat hulle die beeldmateriaal binne een skoot verfilm het, en dat die akteur wel met veiligheidslyne beskerm sou wees indien hy ʼn kramp gekry het of iets anders skeef geloop het.

Die video is sedert 13 November reeds meer as 23 miljoen keer op YouTube gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amanda/Sindy ·

Verkoop hulle van Damme saam met die trok?? Ai die man is sag op die oog!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.