Video: Vou die wêreldrekordpapiervliegtuig

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Papiervliegtuigies is dalk lekker vermaak vir kinders, maar daar is ʼn groot groep aanhangers wat navorsing doen en baie ernstig is oor dié vliegtuigies.

John Collins, die Paper Airplane Guy, het origami en aërodinamika studeer om papiervliegtuie te ontwerp wat ʼn wêreldrekord kan opstel. ʼn Professionele voetbalspeler, Joe Ayoob, het in 2012 ʼn Guiness-wêreldrekord opgestel met een van Collins se vliegtuie. Die vliegtuigie het 69.14 meter ver getrek.

Collins wys jou in die volgende video hoe om die vliegtuigie te vou en in die video heel onderaan kan jy die Guiness-wêreldrekordpoging sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.