Video: Vreemde brand laat kykers kopkrap

Skermgreep uit die video

ʼn Video word wyd op sosiale media versprei van ʼn brand wat deur ʼn park beweeg. Dit blyk egter dat die vuur slegs ʼn wit filmlagie op die grond wegbrand en bome en gras ongeskonde bly.

Die video is in Spanje verfilm en is aanvanklik op Facebook gedeel deur ʼn niewinsgewende-organisasie genaamd Club De Montana Calahorra. Volgens die plaaslike nuusagentskap Cope, is dit in ʼn park in Calahorra verfilm en die wit filmlagie is eintlik sade van ʼn populierboom wat die grond bedek.

Die vuur verbrand die populierpluis weg sodat die groen gras ontbloot word. Geen bome of gras word egter deur die vlamme verbrand nie. Selfs ʼn bankie in die park bly ongeskonde.

Die video is ook op Twitter versprei waar dit reeds meer as 6,8 miljoen keer gekyk is met talle kommentare.

Die burgemeester van Calahorra het berigte ontken dat dit ‘n beheersde brand is. “Nee, in die Cidacos de Calahorra Park is daar geen beheersde brande van die populierpluis nie,” het Elisa Garrido gesê. “Hierdie brande is gevaarlik en kan vinnig versprei.”

Volgens plaaslike berigte het die brand in die betrokke geval nie enige beserings of skade aan eiendom veroorsaak nie. Danksy brandbestryders is die brand vinnig geblus.

Cuidado con las pelusas.

Posted by Club De Montaña Calahorra on Wednesday, May 6, 2020

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.