Om bietjie uit die boks te dink is ʼn baie goeie hupstoot vir jou kreatiwiteit, en optiese illusies is ʼn goeie begin!
Al weet ʼn mens self hoe die illusie werk, is dit steeds moeilik om jou oë en brein te oortuig dat dit wat jy dink jy sien, nie die waarheid is nie.
Twee van hierdie illusies (een gewone illusie en een optiese illusie) is iets wat jy sommer by die huis of selfs by die werk kan probeer en die derde illusie, met die silinders, het in 2016 die illusie-van-die-jaar-kompetisie gewen. Indien die derde illusie jou bietjie laat kopkrap, kan jy hier en hier sien hoe dit gedoen word.