[Video] Vreesloos op ʼn bergfiets

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Brandon Semenuk wys in dié video waarom hy as een van die wêreld se beste bergfietsryers beskou word.

Die video is in ʼn enkele aaneenlopende skoot verfilm as deel van die bekendstelling van unReal op iTunes – ʼn inspirasiefliek oor bergfietsry.

Die doelgemaakte roete het meer as drie weke geneem om te bou en dit is slegs danksy die perfekte koördinering tussen Semenuk, Anthill Films en Teton Gravity Research wat dié video moontlik gemaak het.

unReal is hier beskikbaar

Semenuk se uittreksel uit die video is al meer as 15 miljoen keer op Facebook gekyk en byna 3 miljoen keer op YouTube.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anny Penny ·

Sjoe het dit nou kyk en kyk gekos om te sien wat hier aangaan.” Die ou hang dan in die lug waar ry hy?” Toe sien ek die hobbels onder hom…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.