Video: Vrou 13 dae ná haar begrafnis lewend opgespoor

Sharolyn Jackson (50) se familie was geskok toe sy 13 dae ná haar begrafnis ongedeerd opgespoor is.

Jackson is vroeër die jaar as vermis aangemeld nadat sy uit haar huis in West Philadelphia in Amerika verdwyn het. Owerhede het later ‘n liggaam opgespoor wat haar beskrywing gepas het en twee mense, insluitend haar seun, het die vrou as Jackson uitgeken.

Die vrou, wie se liggaam opgespoor is, is op 20 Julie dood en Jackson se huldeblyk is só in die Times of Trenton-koerant gepubliseer. Die familie het op 3 Augustus ‘n begrafnis gehou.

Jackson is Vrydag egter ongedeerd by ‘n hospitaal vir geestelik versteurdes opgespoor.

“Die standaard om ‘n liggaam uit te ken is visuele herkenning deur ‘n familielid,” het James Garrow, woordvoerder vir die departement van gesondheid in Philadelphia, gesê. “Die uitkenning is dus as die waarheid aanvaar.”

Dit is nie bekend wie die vrou is wat vir Jackson aangesien is nie, behalwe dat sy aan natuurlike oorsake gesterf het. “Ons werk nou saam met die departement van stedelike reg om die liggaam op te grawe en ons sal saam met die polisie die vrou probeer identifiseer,” het Garrow gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.