Video: Vrou breek wêreldrekord en verorber 2kg biefstuk in minute!

Skermskoot uit die berig

Skermskoot uit die berig

Die video volg onderaan die berig. Molly Schuyler (34) van Bellevue in Nebraska, ʼn ma van vier wat maar 56 kg weeg, is ʼn kompeterende eter.

Sy het verlede Vrydag die “72oz Steak Challenge” by Sayler’s Old Country Kitchen in Portland, Oregon aangepak. Sy het die uitdaging voltooi en ʼn nuwe wêreldrekord van 2 minute 44 sekondes opgestel.

Die vorige rekord is deur Peter Czerwinski opgestel in ʼn tyd van 6 minute 48 sekondes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.