Video: Vrou gaan regtig met ‘ridder op ʼn wit perd’ trou

Skermskoot uit die video

Cindy MacDonald van Massachusetts in die VSA sal eendag vir haar kinders kan sê sy het beslis met haar “ridder op ʼn wit perd” getrou.

Cindy en Christopher Broderick is al vier jaar in ʼn verhouding en hy was van voornemens om haar die groot vraag te vra, maar toe hy bietjie navorsing doen oor sy familiegeskiedenis, het hy besluit om iets spesiaal te doen.

“Ek het navorsing gedoen oor my Ierse familiegeskiedenis en toe op ons familiewapen afgekom. Ek het dadelik die skild en ʼn swaard daarop raakgesien,” het Christopher aan T&T Creative Media gesê. “Ek is baie verlief op Cindy en ek het gereeld vir haar gesê ek is haar ‘ridder op ʼn wit perd’.”

Hy het die pantserdrag gehuur en ʼn vriend het hom gehelp om ʼn wit perd op te spoor. Hy het met Cindy se sussie gereël om seker te maak sy is by die huis wanneer hy opdaag.

“Ek het uit die venster gekyk en ʼn wit perd gesien met ʼn ridder daarop. Ek het dadelik gewonder waarmee is [Christopher] nou besig!” lag Cindy. Sy het sommer dadelik geweet wie dit is en natuurlik die jawoord gegee.

Die twee het nog nie op ʼn datum besluit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SM ·

Cute! Hoop hy bly ‘n ridder op ‘n wit perd en word nie ‘n riller nie. Praat uit ondervinding.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.