Video: Vrou loop onderstebo in die swembad

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn vrou wat onderstebo in ʼn swembad loop, laat kykers verstom.

Die video is deur Kristina Makushenko op Instagram gedeel met die byskrif: “The Devil Wears Prada. Jy kan jou foon omdraai om beter te kan sien.”

Makushenko is al vier keer as die wêreldkampioen aangewys in gesinchroniseerde swem.

Die video begin waar sy onderstebo in hoëhakskoene in die swembad loop. Sy draai dan om, tel ʼn handsak op en loop reguit verder.

Die video is reeds in Julie gedeel, maar het nou eers wyd begin versprei. Dit is reeds meer as 54 miljoen keer gekyk.

“Jy is só goed!” skryf een kyker. “Jy laat my altyd wonder hoe jy regkry wat jy in die water doen.” “Ongelooflik!” skryf ʼn ander.

Makushenko het byna 700 000 volgelinge op haar blad waar sy gereeld video’s van haar avonture in die swembad deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.