ʼn Aërobiese instrukteur het ʼn dansroetine voor die parlementgebou in Mianmar verfilm – skynbaar onbewus van ʼn staatsgreep wat agter haar plaasvind.
In die video voltooi die vrou haar oefenroetine terwyl ʼn konvooi van swart sportnutsvoertuie agter haar verbyjaag na die setel van die regering. The Guardian het haar uitgeken as Khing Hnin Wai.
Dit wil voorkom of Wai nie bewus is van die sirenes of die konvooi agter haar nie, en dit lyk of sy verdiep is in haar dansroetine terwyl mense agter haar jaag om die versperring oop te maak en die voertuie deur te laat.
Die weermag in Mianmar het Maandag ʼn staatsgreep uitgevoer en ʼn jaar lange noodtoestand afgekondig. Die demokraties verkose leier Aung San Suu Kyi is in aanhouding geneem. Die staatsgreep is uitgevoer ná weke van toenemende spanning tussen die weermag, wat Mianmar byna vyf dekades lank regeer het, en Suu Kyi se National League for Democracy- (NLD-)party wat die verkiesing in November verlede jaar loshande gewen het.
ʼn Twitter-plasing van Wai se video is die afgelope 24 uur reeds byna 13 miljoen keer gekyk. Gebruikers het dit as “surrealisties” en “mal” beskryf. “As 2021 ʼn video was … Jy gaan rustig voort met jou oefeninge terwyl ʼn staatsgreep agter jou ontvou,” het een Twitter-gebruiker gesê.
“Dit is so vreemd om te sien!” het ʼn ander geskryf.
Die oorspronklike beeldmateriaal is op Khing Hnin Wai se Facebook-blad gedeel. Sy het Dinsdag gesê die beeldmateriaal is eg en sy verfilm al die afgelope 11 maande gereeld oefenvideo’s voor die parlementsgebou.
Una mujer hizo su clase de aerobic sin darse cuenta de que estaban dando el golpe de Estado en Myanmar. Y pues puede verse como el convoy de militares llega al parlamento. pic.twitter.com/fmFUzhawRe
— Àngel Marrades (@VonKoutli) February 1, 2021
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Better so. Napoleon was ‘n better leier as enige demokratiese verkose korrupte, betaalde mondstuk politikus…
Dit is nie ‘n oorspronklike agtergrond nie. Kyk na haar skaduwee, dit sny af. Dit is op ‘n “green screen” verfilm.
Foeitog net n nuwe manier om aandag te trek. Arme ding.
Simpel.