Video: Vrou ry met stampkarretjie op die snelweg

Skermgreep uit die video

ʼn 50-jarige vrou van Guiyang, Guizhou in China, is deur polisiebeamptes voorgekeer toe sy met ʼn pienk stampkarretjie op die snelweg gery het.

Plaaslike media berig die vrou was op 24 Mei met die karretjie op pad werk toe, toe sy voorgekeer is.

ʼn Video van die voorval is wyd op sosialemediakanale in China versprei.

Die vrou ry oor drie bane van die snelweg voor sy doodluiters by die regterkantste baan aansluit. Ander motors jaag verby haar.

Aldus Hangzhou.com.cn bedryf die vrou ʼn stampkarretjie-onderneming in die stad en sy het besluit om met die motor van haar huis na die winkel te ry, omdat dit meer gerieflik is.

Polisiebeamptes het haar glo al verskeie kere vantevore gewaarsku oor die onpadwaardige motor en hulle het dié middag op haar motor beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andre ·

Ons gaan ook nog stampkarretjies ry met hierdie petrolprys!

Susan ·

Ons ry al klaar al stampend week toe, dalk sal regte stampkarretjies minder skade in n ongeluk hê lol

wielie ·

whahahahahaha I love it! Maak n plan….. sy SAL by die werk uitkom maak nie saak wat. SA vervoerdiens neem kennis julle bedryf is in gevaar! Ons pendelaars sal ons wend tot stampkarretjies en al die grand busse laat leeg loop! Kom mense geen verskoning dat julle busse en taxi’s strike nie :)))

Theresa ·

Wonderlike vervoer. Hier sal dit ongelukkig uit die pad gery word deur al die ongeduldige mense. Maar, daar is soveel ongelisensieerde en onpadwaardiges op die pad, dit sal darem nie tel nie.

Yankee ·

Waarom? Die bestuurders in SA is volwasse en besorg oor almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.