Video: Vrou verjaag krokodil met haar plakkie

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Video waarin ʼn vrou van Northern Territory in Australië ʼn krokodil met haar plakkie verjaag, word wyd op sosiale media versprei.

Beeldmateriaal wys hoe die vrou langs die East Alligator-rivier, ʼn voedingsgrond vir krokodille in die omgewing, saam met haar hond staan, voordat die krokodil sy neus by die water uitsteek en hulle nader. Dié rivier vloei deur die Kakadu nasionale park.

Die video is geneem deur Lundon Anlezark, ʼn toeris wat die krokodille besoek het.

Volgens Gary Lindner, ʼn Kakadu nasionale park-woordvoerder,  kom krokodille gereeld na dié oewer aan die einde van elke droë seisoen om vis in die vlak water te vang en te vreet.

Linder sê die park is raadop met toeriste se nalatige gedrag by die krokodille. “Daar is altyd iemand wat te ver gaan en dan val die krokodil aan. Dit is belangrik om te onthou dit is roofdiere en hoogs gevaarlik om so naby kennis met hulle te maak,” het hy gesê.

Meer as 120  krokodille is in ʼn onlangse opname in dié rivier getel.

Bron: BBC, The Guardian

https://youtu.be/yNPxKfX4ACE

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Saartjie ·

“n Krok sal jou daar van waar jy staan kan gryp in ‘n kwessie van sekondes – dan is dit neusie verby met jou. Daai plakkie gebruik hy as ‘n tandestokkie. Mens staan nie so naby nie!!!!!!! Mense verstaan nie hoe gevraalik ‘n krokodil is en hoe vinnig en met watse krag hy jou kan gryp nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.