Video: Vurige preek toe hy per ongeluk aan die brand slaan

Skermgreep uit die video

ʼn Predikant het letterlik ʼn vurige preek gelewer toe sy mou tydens ʼn aanlyn diens aan die brand geslaan het.

Ds. Stephen Beach (61) van die St Budeaux-kerk in Plymouth in Engeland was aanlyn besig met ʼn diens omdat inwoners landswyd tuis bly om die verspreiding van Covid-19 te voorkom. Hy het egter te naby aan ʼn kers gesit en die mou van sy trui het aan die brand geslaan.

“O aarde, ek het aan die brand geslaan,” sê ds. Beach in die video.

Hy het gelukkig nie enige beserings opgedoen nie. “Ek het net gevoel my arm het bietjie warm geword. My trui is beskadig, maar my arm het nie gebrand nie.”

Die Kerk van Engeland en die Kerk van Skotland het massadienste verbied en dienste sal aanlyn aangebied word op sosialemediaplatforms soos Facebook.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.