Video: Vyfjarige bel nooddienste oor “Grinch Kersfees wou steel”

tylon-grinch-1.

TyLon, die polisiebeampte en die Grinch. (Foto: Facebook/TeDera Dwayne Graves II)

Die vyfjarige TyLon Pittman van Mississippi in die VSA het vir groot konsternasie en vermaak gesorg toe hy onlangs die nooddienste laat weet het die Grinch wil Kersfees steel.

Dit ná hy op YouTube na video’s van die Jim Carrey-fliek How the Grinch stole Christmas gekyk het. Dié gewilde rolprent is gebaseer op ʼn gelyknamige boek deur Dr. Seuss.

“Ek wil net vir julle iets vertel,” het Pittman telefonies aan die nooddiens-operateur by 911 gesê. “Kyk uit vir daai klein Grinch, want hy gaan Kersfees steel, oukei,” het hy tydens die oproep gemaan.

Volgens The Washington Post het die 911-operateur gevra of TyLon alleen tuis is. Sy pa het vinnig na die telefoon gekom en verskoning gemaak vir sy seun se oproep na die polisie in Byram, Mississippi.

“Nee, nee, dis alles reg,” het die operateur gelag. “Hy het gebel om te sê die Grinch probeer Kersfees steel.”

Toe iemand later dieselfde aand aan die deur klop, het TeDera Graves, TyLon se broer, die deur oopgemaak. “Daar was ʼn polisiebeampte. Sy het aan my verduidelik sy soek die klein seuntjie wat na die Grinch gekyk het.”

TyLon het aan die polisiebeampte verduidelik wat gebeur het. Graves het vertel hy het sy foon gegryp en ʼn opname gemaak van die beampte wat vir TyLon sê dat sy hom sal beskerm teen die Grinch.

“Sy het gesê dat die polisie nie gewoonlik reageer op dié soort oproepe nie, maar dat sy gedink het dit was te dierbaar,” het Graves gesê. “Sy wou vir hom by die huis kom kuier om vir hom te sê sy Kersfees sal veilig wees.”

tylon-grinch-2.

(Foto: Facebook/TeDera Dwayne Graves II)

Die polisie het dit egter ʼn stap verder geneem en vir TyLon en sy familie genooi vir ʼn toer van die polisiestasie. Met die vyfjarige se aankoms by die stasie het hulle hom verras met ʼn “lewendige” Grinch (iemand in ʼn kostuum) in ʼn polisievoertuig. TyLon is opdrag gegee om hom op te sluit.

TyLon het die Grinch se hand gevat en hom in ʼn aanhoudingsel gesit en die deur gesluit. Die seun het die “aangehoudene” later huiwerig vrygelaat, waarna die Grinch hom geprys het vir sy dapperheid.

Graves het gesê TyLon wou nog altyd ʼn polisiebeampte word, en nou nog meer as ooit tevore “Hy is ʼn bekkige knapie wat die familie gereeld laat lag.”

“Die hele petalje was vir ons gesin baie snaaks. Ons is baie geskok dat hy werklik die oproep gemaak het. Ons het wel agterna ʼn gesprek met hom gehad oor wanneer dit oukei is om die nooddienste te bel.”

 

https://www.facebook.com/isthatgraves/videos/10155748271830115/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Meraai ·

Ag dit is nou die mooiste storie!! Dankie MM vir die smile op my gesig…. n Geseende Kersfees vir julle almal by MM en n voorspoedige nuwe jaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.