Video: Vyfjarige ry rond in ʼn Land Cruiser

Skermgreep uit die video

ʼn Video word wyd op sosiale media gedeel van ʼn vyfjarige wat met ʼn Land Cruiser rondry.

Die video is glo in Multan, Pakistan se sewende grootste stad, verfilm waar die seuntjie agter die stuurwiel van ʼn swart Toyota Land Cruiser V8 staan.

Polisiebeamptes in Pakistan het dadelik reageer om die seuntjie se ouers te identifiseer.

Volgens Dunya News is die kind in die video vyf jaar oud.

In die kort video staan hy agter die stuurwiel van die sportnutsvoertuig terwyl hy in een van die stad se besigste paaie, Bosanweg, ry. Geen volwassenes is in die motor sigbaar saam met hom nie.

Die minderjarige bestuurder is nie by enige van die polisie se patrolliepunte voorgekeer nie. Dit wil ook voorkom of geen polisiebeamptes of verkeerspolisiebeamptes hom opgemerk het nie.

Die beeldmateriaal het kykers geskok en werp weer die kollig op minderjariges wat bestuur. Verskeie persone het in die kommentaargedeelte die ouers veroordeel en gesê hulle plaas hom en ander om hom in gevaar.

“Dis regtig mal. Dis meer as net onverantwoordelik. Hierdie familie is nie besorg oor hul eie kind of diegene om hom nie,” het een Twitter-gebruiker gesê. “Ek kry angs net om hierna te kyk,” het ʼn ander gesê.

ʼn Senior verkeersbeampte het aan Samaa TV gesê beamptes is opdrag gegee om die ouers van die kind te soek. Hulle sal vervolg word omdat hulle die kind en ander se lewens in gevaar gestel het, het hoof- verkeersbeampte Zafar Buzdar gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pietertjie ·

Ek wonder hoe het hy die versneller- en rempedaal bygekom…

Talitha ·

Dis baie gevaarlik, maar díe laaitie doen jollie goed!!!

Piet ·

Dis die nuwe normaal want dis lekker en interessant. Was nie altyd vir ons lekker om met die fiets te ry om te gaan brood koop nie.

VannieBaai ·

Hy bestuur nogal mooi reguit ook, baie meer as wat mense van sommige volwasse bestuurders op ons paaie kan sê – ek wonder net hoe die voertuig gestop is.

Piet ·

Lyk my nie dit is gestop nie want daar staan dat hy nie voorgekeer is nie. So dit lyk my die mannetjie het heel veilig en met die nodige vernuf van punt A na punt B beweeg en terug.

Die Wolf ·

Die hoofverkeersbeampte is gou om n vinger te wys. Maar soos in RSA is sy beamptes silwerskoon.

Corne123 ·

Baie goeie bestuurder! Tenminste ry hy nie en neem met sy foon af nie lol ek dink egter dit als dalk net in manier van afgeneem word

Jaada ·

Dink die grootmens le op die vloer van die kar en bestuur met kamara, sosial scam – mense doen snaakse dinge om social media hits op vedeos te kry.

Debbie ·

Onmoontlik, om daai spoed te ry moet jy die petrol trap wat hy nie kan nie want hy staan en bestuur omdat hy te kort is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.