Video: Vyfjarige se les: Moet nooit tou opgooi nie

Phoenix Swonger (Foto: Skermgreep uit die video)

ʼn Video van ʼn jong seun wie se maats hom aanmoedig, gryp mense se harte wêreldwyd aan en almal leer die belangrike lewensles: moet nooit opgee nie!

Die vyfjarige Phoenix Swonger is deel van ʼn vegkunsklas by die Bobby Dixon’s American Martial Arts Academy in Orlando, Florida in die VSA. Hy moet ʼn toets aflê vir sy geel gordel waar hy ʼn plankie stukkend skop.

Phoenix sukkel egter om dit reg te kry en toe hy begin huil, begin sy klasmaats hom aanmoedig en hulle dreunsing sy naam.

Phoenix se ma, Claudia Swonger, het die video op sosiale media gedeel en gesê haar seun het een van die belangrikste lewenslesse geleer: “Moet nooit, ooit opgee nie!” Sy het die afrigters, Bobby Dixon en Erik Gianini, bedank vir dit wat hulle vir die kinders doen.

Die video is reeds meer as 30 miljoen keer op Facebook gekyk.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ronalda Botha ·

Watter goeie les het hy nie geleer nie! Vegskuns is so goeie leerskool vir seuns en dogters

Anoniem ·

Ronalda, jy is soooo reg. Nou veg jy teen jou vriend, en daar is nie kwaaivriendskap oor wie wen of verloor nie, solank albei “skoon” veg. Netnou cheer jy vir hom as hy teen iemand anders veg.

Fiksheid, dissipline, deursettingsvermoë, kameraadskap en spangees… alles positiewe byvoordele. En dikwels is die afrigter die enigste vaderfiguur in ‘n kind se lewe.

HELEEN ·

Ai, wel gedaan.. hou so aan, die video het nou my trane in my oe laat kry.

Elize ·

Hoe bewoë raak ek nou, maar veral oor daardie ongelooflike ondersteuning van die ander kinders. Wow

Piesang ·

Fantasties die ander kinders se reaksie!!! Mens so verwag hulle sou vir hom lag, maar presies die teenoorgestelde. Kry sommer ‘n krapperigheid in die oë!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.