Die video van die reddingspoging volg onderaan die berig. ʼn Vyfjarige van China moes deur ʼn buurman en noodreddingswerkers gered word toe sy, 70 meter bo die grond, in diefwering vasgesit het.
Die meisie, wat glo haarself per ongeluk in hul woonstel in Daye in Hubei-provinsie, China, toegesluit het, het Saterdag uit die sitkamer se venster geklim. Die woonstelblok is 24 verdiepings hoog. Haar kop het egter in die diefwering vasgesit toe sy wou deurklim.
Plaaslike media berig ʼn buurman het haar hoor huil en die polisie en brandbestryders ontbied. Toe hulle by die woonstelblok opdaag, het hulle besef die woonstel is van binne gesluit. Hulle moes die deur oopbreek en deur die diefwering sny om haar te bevry.
Een van die inwoners het ook uitgeklim om haar van buite af te red.
http://youtu.be/B2krOh-Jzh8