[Video] Vyfjarige wys maklikste manier om jou veters te knoop

Skermgreep uit die video

Skermgreep uit die video

Die vyfjarige Colton se tegniek om sy skoenveters te koop, het die internet gaande en die video is reeds deur meer as 13,5 miljoen mense op Facebook gekyk.

Colton se ma, Ashley Lillard, het ʼn video van haar seun se skoenvetertegniek op die Facebook-blad, Love What Matters, gedeel. Sy moedig hom deurgaans op die video aan, sonder om hom aan te jaag en gee hom genoeg tyd om dit self te doen. Colton verduidelik sy vriend River het dié tegniek vir hom geleer.

Een ma het op die video reageer: “Ons het dit gedoen! My vyfjarige het baie gesukkel en ons het tevergeefs na baie video’s op YouTube gekyk… Nadat ons dié video gesien het, het hy dit sommer dadelik reggekry! Hy is so trots op homself!”

Kyk die video hier as jy die video nie volledig op ons webwerf kan sien nie.

https://youtu.be/Ei5llPSfbX8

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jakobus ·

Ek knoop myne op die boeremanier, dit is die heel malklikste, ek hoef nie een te kyk nie.

Hannah ·

Ag my engelkind…. jy is pragtig! Wens ek kon hom net ‘n stywe druk en soen op die voorkop gee! Sommer met rooi lipstif aan wat ‘n bokspoor los daar!

Hanna ·

My 4-jarige is ook baie lief daarvoor om veters vas te maak; ek is bly hy het dit reeds onder die knie. Hy gebruik egter die oorspronklike metode. Geduld is die wagwoord!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.