Video: Waaghals meen dís ‘vinniger as die trappe’

Skermgreep uit die video

In ʼn video wat mens jou asem laat ophou, laat ʼn waaghals kykers verstom met sy merkwaardige akrobatiese vermoëns.

Die video, wat op X (Twitter) gedeel is deur gebruiker Crazyclipsonly, wys hoe die man van verdieping na verdieping swaai en moeiteloos die gebou se buitekant navigeer. Binne 27 sekondes daal hy van die agtste verdieping tot by die grondvloer.

Kykers meen die man se berekende bewegings, uitstekende fokus en beheer oor sy liggaam is merkwaardig.

Die video is sedert dit op 21 November gedeel is, reeds meer as 3 miljoen keer gekyk.

“Dis vinniger totdat jy uiteindelik drie maande in die hospitaal moet spandeer as jy val,” skryf een kyker in die kommentaar.

“Dis baie gevaarlik. Een fout en dit is heeltemal ʼn ander storie,” skryf nog iemand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.