Video: Waaghals sê die lewe is te kort

James Kingston

Die video volg onderaan die berig. James Kingston, ʼn 22-jarige waaghals van Southampton, Engeland, het onlangs ʼn GoPro-kamera gebruik om homself af te neem terwyl hy ʼn hyskraan uitklim en aan een hand daarvan afhang.

Die hyskraan, wat bykans 80m hoog is, staan by die Southampton’s Ocean Village.

“Ek het dit vir die avontuur gedoen. Die lewe is te kort om te sit en bekommerd te wees oor jou toekoms. Jy het nie tyd om te verspil nie,” het Kingston gesê. Toe mense hom vra waarom hy opgeklim het om dood te gaan, het hy gesê: “Ek het nie opgeklim om dood te gaan nie. Ek het opgeklim om te lewe.”

Klik hier om James Kingston op Facebook te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.