Video: Waaghals se langste vlug deur tonnels

Skermgreep uit die video

Dario Costa, ʼn Italiaanse kunsvlieënier, se naam is in die Guinness-wêreldrekordboek opgeskryf toe hy met ʼn vliegtuig deur twee tonnels in Istanbul, Turkye, gevlieg het.

Beeldmateriaal van die vlug is op 4 September deur die Oostenrykse maatskappy Red Bull op Facebook gedeel. Die video is reeds deur meer as 7 miljoen mense gekyk.

Costa se vlug begin in een van die Çatalca-tonnels buite Istanbul. Hy is in die lug voor hy die eerste tonnel verlaag. Die tweede tonnel is lank, maar Costa vlieg ook maklik deur dié een.

Net ná die tweede tonnel wys ʼn kamera in die vliegtuig hoe Costa skree en van vreugde huil.

“Dario het pas die vlugbedryf na ʼn ander vlak geneem met sy vlug deur Istanbul se Çatalca-tonnels. Hy het 2,6 km deur twee tonnels gevlieg met ʼn gemiddelde spoed van 245,7 km/h. Hy word nou ook ʼn Guinness-wêreldrekord-vlieënier.”

Die toertjie het ook ander rekords gehaal: die eerste vlug deur ʼn tonnel; die eerste vliegtuig deur twee tonnels; die eerste vliegtuig wat in ʼn tonnel opstyg en die langste vlug onder ʼn soliede voorwerp.

Kykers was verstom oor die beeldmateriaal. Een gebruiker, Finn James, het geskryf: “Absoluut ongelooflik. Baie geluk, Dario. Ek het in my sitkamer saam met jou geskree toe ek my asem teruggekry het! Die presisie en meesterlike beheer was ongelooflik om te sien.”

Dario Costa Flies Through 2 Of Istanbul's Çatalca Tunnels

your eyes are not deceiving you, Dario Costa really just did that ????Dario just took the aviation game to another level with his flight through Istanbul's Çatalca Tunnels, flying for 2.6km through 2 tunnels at an average speed of 245.07 km/h and becoming a Guinness World Record setting pilot in the process ????

Posted by Red Bull on Saturday, September 4, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wicus ·

Daai man mag maar, maar nee, ek vlieg nie saam nie, ek kom nie skoon anderkant uit nie!

Boerkind ·

Jip – bly vir sy part… hier in SA sou sy wiele “verdwyn” het teen die tyd dat hy anderkant uit gekom het…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.