Video: Waaghalse sonder enige hoogtevrees

Foto: Mustang Wanted, Facebook

Foto: Mustang Wanted, Facebook

Die video volg onderaan die berig. ʼn Video van ʼn sogenaamde “vry-klimmer” en waaghals is binne vyf dae reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk.

Die man, wat slegs as Mustang Wanted bekend staan, is van Oekraïene en hy kan onder andere op die brug in Kiev gesien word waar hy, sonder ʼn harnas, net aan sy een hand hang.

“Die toertjies word deur professionele persone uitgevoer,” sê Mustang Wanted op sy webwerf. “Ek moet daarop aandring dat niemand sal poog om dié toertjies self te probeer nie. Selfs al is jy heeltemal oortuig dat jy dit kan doen, plaas jy jouself in gevaar.”

Maroela Media raai ook sy lesers af om enige van die toertjies by die huis, of selfs jou naaste wolkekrabber te probeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.