Video: Waar kom ʼn truspieëltjie vandaan?

Skermgreep uit die video

Die truspieëltjie is ʼn vertroueling as jy veiligheid nastreef – ʼn manier om te sien of daar aankomende verkeer is of selfs om kattekwaad op die agterste sitplek dop te hou.

Waar kom die truspieëltjie vandaan? Dit was aanvanklik nie standaard in motors nie. Motors was al 30 jaar lank op die pad voor die eerste truspieëltjie gebruik is. ʼn Renjaer, wat in 1911 aan die Indianapolis 500 wou deelneem, het eerste dié handige instrument gebruik.

In daardie stadium het resiesmotors twee persone gehad: die renjaer en ʼn werktuigkundige. Die werktuigkundige het die enjin nagegaan en herstel, maar hy was ook verantwoordelik daarvoor om tydens wedrenne te kyk of dit veilig vir die renjaer is om van baan te verwissel of iemand verby te steek.

Die renjaer Ray Harroun het gereken as ʼn werktuigkundige nie saam met hom hoef te ry nie, sal die motor ligter, en dus vinniger wees. Hy het die idee gekry van iets wat hy op ʼn perdekar gesien het. Hy het die wedren gewen, maar die spieël het só geskud, dat dit nie regtig ʼn nuwe neiging geword het nie.

Eers 10 jaar later het Elmer Berger weer aan die idee gewerk en dit is uiteindelik in 1921 gepatenteer. Sy maatskappy, Berger and Company, het truspieëltjies op hul motors vervaardig.

Elmer was ʼn ingenieur vir wie spoed ook noodsaaklik was. Hy het dit ʼn “cop spotter” genoem, want sy aanvanklike plan met ʼn truspieël was om te sien of polisiebeamptes jou dalk agternasit as jy die spoedgrens oortree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

spieel ·

Gedink dis dalk die eerste vroue bestuurder wat dit wou he om lippe op te sit

IK ·

Sal nogal vir misdaad ook werk in vandag se SA. Die probleem is waar om dit te monteer? Komaan slim Afrikane, vind dit uit, julle kan mos!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.