[Video] Waaroor is jy die meeste spyt?

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Het jy al ooit gedink waaroor jy spyt is in die lewe, of wat jy anders sou wou doen? Elkeen van ons sou waarskynlik ten minste een ding anders wou doen.

Die digitale media-instansie A Plus, het onlangs ʼn swartbord in die middel van New York opgerig met die woorde: “What is your biggest regret?” Verbygangers kon dit, waaroor hulle die meeste spyt is, daarop neerskryf.

A Plus is in 2014 begin deur die bekende akteur, Ashton Kutcher, op die been gebring en fokus op positiewe joernalistiek en maatskaplike kwessies.

Die bord was vinnig vol boodskappe wat almal dieselfde tendens getoon het. “Dit was kanse wat verspeel is. Dit is woorde wat nie gesê is nie. Dit is drome wat nie nagejaag is nie,” lui die teks in die video. “Bykans al die boodskappe het die woord ‘nie’ bevat.”

Maar daarna het die deelnemers ʼn uitveër gekry om hul verwyte te kon uitvee, en daarmee saam die verwyte agterlaat om vorentoe te kan beweeg en nuwe geleenthede raak te sien.

Dié veldtog, wat mense daaraan wil herinner om die toekoms aan te gryp, is deel van ʼn bemarkingsveldtog vir die Strayer University, ʼn privaat-universiteit in Amerika.

Bron: hello U

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Deryl Barlow ·

Dat ek in Suid Afrika gebore was in hierdie tydperk.

Eliza-beth ·

Deryl, nee wat! Ek is seker dis vir ‘n doel en sonder om soos een van die ou pienk kaartjietjies te klink, dis jou reg om hier te wees en jy sal sien iets wonderliks wag vorentoe vir jou man! Dit vat ‘n MAN om hier gebore te word so toe, is dit nie genoeg om op trots te wees nie ; D

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.