[Video] Waarvoor leef mense?

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Advertensie wat poog om die vraag te beantwoord, ‘waarvoor leef mense’, doen weer die ronde op sosiale media.

Die advertensie vertel die ware verhaal van ʼn groep mans van Taiwan, met ʼn gemiddelde ouderdom van 81, wat meer as 1 000 km op motorfietse afgelê het.

Die advertensie is geskep deur Ogilvy Asia vir TC Bank en is al in 2011 op YouTube gelaai. Die video is reeds meer as 5 miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

Dit is NOOIT te laat (of is dit . . . . .??)
Maar nou is dit ook nie S.A. wat een merske verskil maak (of is dit nie . . . . . ??)

Marelue ·

Ja Peet dit is seker nooit te laat nie, maar ek sien regtig nie kans om dit in SA te doen nie n mens sal nooit as te nimmer lewendig anderkant uitkom nie.

Maria Nel ·

my man self is 78 jaar oud en ry nog steeds voluit moterfiets. Was April 2025 Margate toe laasnaweek Kinberley toe en nog steeds gesond en vol lewe. Niks beter as motorfiets ry

SNEL ·

Ek ry eerder n ystervark kaalgat as om deur Afrika op n motorfiets te toer. Cape to Cairo…..jy sal dit nooit in eenstuk maak nie, nie jy of jou ysterperd sal in Cairo kom nie. Sal maar die bromponie op n skippie moet laai en dit op n ander plek oor die water gaan doen as dit op die “bucket list” is, maar in my eie land sal ek die “bucket” skop nog voor ek die oor gedraai het en twee keer geref het.

Elize ·

Ja dit is n skande wat nou in Stellenbosch aangaan.En daardie mense sal nie rus voor hulle nie hulle sin kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.