[Video] Waatlemoen-seun ʼn internetsensasie

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn jong seun van Australië wat tydens ʼn krieketwedstryd ʼn waatlemoen sommer so skil en al eet, word wyd op sosiale media versprei.

Mitchell Schibeci is was Saterdag by ʼn krieketwedstryd in Melbourne toe die televisiespan op hom gefokus het. Hy is dadelik die “Watermelon Boy” gedoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

IS ·

Omdat ons soms iets ligsinnigs nodig het om die moord en doodslag mee af te wissel!!

Blommetjie ·

ek wonder of hy nie dalk die waartlemoen meer geniet as die krieket nie! Heel onbewus van die aandag wat hy geniet!

Charmain ·

Teen die vreeslike pryse waarteen waatlemoen verkoop word in Australië voel mens lus om dit skil en al te eet. Dis $1 per kilogram op afslag en $1.70/90 per kilogram as dit gewone pryse is. Niks snaaks om $18 vir n klein verpoepte waatlemoentjie te betaal nie. Geen wonder hy eet van begin tot einde nie. Weens die hoë prys vir n waatlemoen kan dit miskien sy eerste kennismaking met n waatlemoen wees, en het hy nie geweet hoe om dit te eet nie.

Karin ·

Ag moeder, maar die kind geniet daardie sappige waatlemoen. Hoop net hy het nie maagpyn gekry van die skil nie!

Johann ·

Ai tog, hoe lekker is daardie waatlemoen! Ek wens ek het só ‘n gesonde eetlus soos hierdie bulletjie! Hy maak sommer my dag! My glimlag is so groot soos sy dors, of is dit honger?

Lynette ·

Kyk net hoe lekker dik is die skil. My ma en suster het altyd die heerlikste waatlemoen stukke daarvan gemaak maar deesdae is die skille so dun hier by ons dat dit nie meer daarvoor gebruik kan word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.