[Video] Wagter sê ‘mamma’ sodat hy ook ʼn happie kan kry

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Wedywering tussen broers en susters kan kompeterend raak, maar vir klein Samuel het dit ’n vreemde wending geneem toe Wagter besluit het om ook sy pond vleis te eis.

Die Daily Mail berig Andrea Diaz-Giovanini was uit die veld geslaan toe die gesin se Australiese skaaphond, Patches, die woorde “mamma” geuiter het in ʼn poging om eerste ʼn happie kos te kry. Die gesin van die Amerikaanse deelstaat Utah het ’n video gemaak toe hulle hul seuntjie Samuel gevoer het.

Pa en ma het klein Samuel aangemoedig om die woord “mamma” te sê in ruil vir ’n happie kos. Patches was self baie lus vir kos en besluit toe om vinniger as Samuel “mamma” te sê. Klein Samuel was egter nie baie gelukkig oor die optrede nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.